Resensie: CD van die week - "Give us rest" van David Crowder Band
Nuus -
Reviews
Written by Carli Lessing
Monday, 02 April 2012 06:32
Die titel van David Crowder Band se 8ste vollengte album, naamlik "Give us rest" is gepas aangesien dit hulle laaste album is. Na baie jare se worship bediening en toer saam met die Passion beweging het die Crowders besluit om hulle toerbus finaal te laat rus. Dit is dus ook gepas dat die album losweg gebaseer is op 'n "Requiem" - "A mass said or sung for the repose of a departed soul." "Give us rest" is 'n dubbel album wat aan die einde van die tweede album 'n paar bluegrass songs ophet, maar meestal die styl van hulle vorige 2 albums "Remedy" en "Church Music" voortsit.
As 'n album kon beskryf word as epies sou hierdie een asook "A:Collision" van David Crowder Band (1995) in die kategorie kon val. Mens kan dus nie help om "Give us rest" hiermee te vergelyk nie - debatteerbaar een van die 2000's se beste albums. Wat "A:Collision" so amazing gemaak het is die deurlopende tema en ontwikkeling rondom die tema van dood en die hoop daarin vir Christene tesame met die musikale briljante verwerkings van die songs. Die album het soos 'n geheel pakket gevoel beide musikaal en tematies. Ongelukkig kry "Give us rest" nie dieselfde reg nie. Vir my trek die tussen-in snitte met Latynse, Requiem-agtige prosa bo-oor musiek eerder die aandag af van die paar uitstaande songs op die album en voel die tema effens "gemaak".
Moet my nie verkeerd verstaan nie, die album is nog steeds goed. Enige David Crowder fan sal saamstem, dat daar oomblikke van absolute Crowder briljantheid is en stunning worship songs - soos "Fall on our knees" en "After All (Holy)". Ek wens net mens hoef nie so tussen al die ander "fluff" moes soek daarvoor nie. Eweneens is "Give us rest" 'n moet vir enige David Crowder Band en worship musiek fan se versameling en goeie laaste buiging van die band.
As jy opsoek is na splinternuwe worship songs met 'n nuwe klank, dan moet jy nie Duis:Lig se live worship opname mis op die 25ste Maart nie. Hennie Maritz (vir lank jeugworship leier by Mosaiek) en Kriss Tel lei saam worship die aand en het saam gewerk aan splinternuwe Afrikaanse worship songs. Vir meer detail oor die event, gaan na die Events bladsy. Hier is 'n kort video wat meer vertel oor die projek:
Ekstra datum in Joburg vir Jesus Culture Konferensie
Nuus -
Wat's nuus?
Written by Carli Lessing
Tuesday, 07 February 2012 08:18
As jy dit nog nie weet nie, Jesus Culture Music kom in Maart Suid-Afrika toe en bied konferensies oral oor die land aan. Die goeie nuus is dat daar soveel aanvraag was, dat daar nou 'n ekstra datum in Johannesburg bygevoeg is op die 2de Maart by Rhema Kerk en ook 'n Port Elizabeth datum wat nie aanvanklik aangekondig is nie (7 Maart). Kry jou kaartjies by www.itickets.co.za of sien meer detail op die Events bladsy op WINS.
Vandat ek my iPhone gekry het, het ek aansienlik minder ander "gadgets" wat ek ronddra om my te help om liedjieskryf idees vas te vang soos wat hulle kom. Vroeër het ek 'n aparte opnemertjie rondgedra en 'n notaboekie of as ek dit nie gehad het nie sommer op enige stuk los papier geskryf. En heel gereeld het die stukkies papier natuurlik ook spoorloos (en tragies!) weggeraak...
Hier is 'n paar van my gunsteling liedjieskryf apps (sommige van hulle mag dalk vir Android beskikbaar wees ook):
iTalk (Griffin)
Die iTalk app is 'n beter recording app as die standaard een wat saam met die iPhone kom. Dit gebruik die interne mikrofoon van die foon en jy kan kies tussen 3 verskillende kwaliteit settings: "Good", "Better" en "Best". Ek het my setting gewoonlik op "Better" en die kwaliteit van opnames is meer as voldoende om 'n verbasend goeie opname van 'n song te maak (selfs met agtergrond geraas). Die opname is goed genoeg dat jy dit vir mense kan stuur om na te luister en ek het dit al saam met elektriese en akoestiese kitaar en klavier gebruik.
Mens kry ook 'n klein programmetjie wat jy op jy laptop kan laai wat files deel en skuif tussen jou foon en rekenaar maklik maak. Met die nuwe apple iPhone (OS 5.1) sagteware kan jy ook die files na iTunes toe deel.
L&M Guitar (Gibson)
Gibson se learn and master Guitar app bevat 'n Tuner, Metronoom, beperkte chord woordeboek (met fretboard tekeninge) en 'n link na kitaarlesse toe. 'n Nice app vir as jy skryf op jou akoestiese kitaar.
GuitarPro
Hierdie is GuitarPro se iPhone en iPad app. Jy kan tabs en bladmusiek deel van jou rekenaarweergawe af en ook met die NotePad funksionaliteit jou nuwe song/ riff idee gou noteer. GuitarPro is volgens my die beste kitaar notasie program beskikbaar en die feit dat dit nou op iPhone/ iPad is, maar dit net nog cooler.
aNote (Awesome Note)
'n Nota programmetjie om gou liriek idees mee vas te pen is noodsaaklik. Hierdie is een van dies daarbuite wat goed vir my werk (daar mag dalk ander wees wat selfs beter is, so comment bietjie as jy 'n beter een raakgeloop het). Wat ek hou van aNote is dat daar verskillende tipes nota kategorieë is, so jy kan al jou liriek idees op een plek hou. Jy kan ook direk uit die app uit, die nota e-mail of SMS wat baie handig is. En as jy bang is handjies wat nie veronderstel is om jou foon in die hande te kan kry nie, doen, kan jy die nota Read-only maak.
SSW (Simple Songwriter)
Hierdie een is sommer vir die pret. Die app gee jou al die chords in 'n sleutel met opsies vir die 1ste en 2de omkering asook om die 7de by te sit. As jy op die chord prentjie druk kan jy hoor hoe dit klink en rondspeel met verskillende volgordes en ritmes. Jy kan jou idee ook opneem saam met 'n metronoom. 'n Cool app om sommer bietjie uit die groef van altyd dieselfde chords gebruik te kom.
Daar is nog baie ander songwriting en musiekproduksie apps beskikbaar vir iPhone en iPad - onder andere 'n paar nifty multitrack recorders ook, maar hierdie is die wat ek baie gebruik. As jy ander gebruik wat jou help, skryf asb bietjie 'n comment en deel dit met die res van ons.
Op skool het ek en 'n pal weekliks ons Top 5 songs gekies en aan die einde van die jaar ook 'n langer lysie vir die jaar gemaak. Dit het natuurlik altyd gelei na lang gesprekke oor watter songs nou eintlik die beste is. Soos wat die tipe dinge nou maar is, is dit altyd 'n subjektiewe (maar lekker!) speletjie.
Ek moet erken, die jaar se lys was vir my 'n moeilike keuse, dit voel of die hele gospelmusiek bedryf baie versigtig was met nuwe albums ens. Daar is heelwat minder CD's uitgereik as in vorige jare. Dis seker te verstane met die alghele afname in CD verkope, maar tog jammer. Met die uitsondering van 'n paar onafhanklike albums, was CD's ook baie "veilig" en gevolglik dikwels vervelig. Ek het dus besluit om die jaar die top 4 in elke kategorie ipv die top 5 te kies.
Natuurlik sluit ek nie my eie CD in op my keuses nie, vir obvious redes! Verder moet ek ook die vrywaring insit, dat ek een mens is wat nie noodwendig na alle CD's wat uitgereik is, kon luister nie. So, as jy voel jou CD moes gefeature het en dit doen nie, stuur gerus vir my 'n mail na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
en maak plan dat ek kans kry om te luister betyds vir volgende jaar se lysie.
2011 – WINS se gunsteling CD’s, DVD’s en songs vir die jaar
Top 4 gospel CD's van die jaar: 1) Vice Verses - Switchfoot 2) Mystery story - Harbourlight 3) Furious - Jeremy Riddle 4) Until we have faces - Red
Top 4 songs van die jaar: 1) Restless - Switchfoot 2) Closer - Harbourlight 3) Ek sal nie bang wees nie - Joe Niemand 4) Faceless - Red
Top 4 worship CD's van die jaar: 1) Be lifted high - Bethel Live 2) Come away - Jesus Culture Music 3) Anders - Dink, leef, klink 4) F:luister - FLAM
Top 4 Engelse Praise & Worship songs van die jaar: 1) Furious - Jeremy Riddle 2) One thing remains - Brian Johnson, Jeremy Riddle, Christa Black Gifford (Bethel Live) 3) Microphones on street corners - Niel Higgins 4) Rooftops - Lindsey Sweat, Ben Williams, and Jonathan Berlin (Jesus Culture Music)
Top 4 Afrikaanse Praise & Worship songs van die jaar: 1) Ek smag na U - Kriss Tel (opgeneem op "Nader" deur Leza Liversage) 2) U is heilig - Riana Nel (vanaf Doxology - 3Ci) 3) Here, U is genoeg - Corli Janse van Rensburg (Vanaf F:luister - FLAM) 4) Lewegewer - Anders (vanaf "Dink, leef, klink")
Fluister is WINS-lesers se gunsteling worship CD van 2011!
Nuus -
Wat's nuus?
Written by Carli Lessing
Monday, 05 December 2011 10:29
In 'n super naby poll, het FLAM se kompilasie van worship songs, Fluister, gewen in ons poll vir lesers se gunsteling worship CD van die jaar. Net 'n paar stemme agter hulle, was Anders se "Leef, dink, klink" en in die derde plek Niel Higgins se "Microphones on street corners". Ons dink dis al drie great worship CD's met oorspronklike nuwe Afrikaanse en Engelse worship songs. So, as jy nog 'n gat in jou kerskous het, gaan kry jou hande op Fluister by http://www.bmedia.co.za of een van die ander CD's by jou naaste gospelmusiekwinkel.
Kyk uit vir WINS se keuses vir gunsteling songs en CD's vir die jaar wat teen die einde van die week hier op die website bekend gemaak gaan word.
Worshiptogether se gratis bladmusiek vir 7 Kersfees songs
Worship hulpbronne -
Websites
Written by Carli Lessing
Tuesday, 29 November 2011 19:13
Worshiptogether is al vir lank dié plek op die internet om bladmusiek vir worship songs te kry. As 'n spesiale Kersfeesbonus gee hulle nou die bladmusiek van 7 Kersfees worship songs weg o.a. David Crowder Band se "Here is our King", Chris Tomlin se "Joy to the world (Unspeakable Joy)" en Hillsongs se "Born is the King". Vir die bladmusiek en ook instruksie videos vir hoe om dit te speel, gaan kyk by www.worshiptogether.com.