| Wat is musiek? |
|
|
|
| Written by Carli Lessing |
| Sunday, 29 July 2007 02:11 |
|
Wat is musiek en watter invloed het ons definisie daarvan op die musiek wat ons maak op 'n Sondag? Dit is die vraag wat ons huidiglik mee besig is in 'n 6-weke kursus by die Mosaiek Akademie, aangebied deur Johan Heystek. In die twee weke wat ons al hieroor gesels, het dit gou duidelik geword dat die definisies van musiek nogal heelwat verskil van persoon tot persoon om nie eers van een kultuurgroep na die volgende te praat nie. Die week het ons gekyk na video clips uit Southern Gospel optredes, Afrika sangers, die Griekwa psalms en Hillsongs United in die konteks van worship en wat my getref het was hoe opreg elke groep was i Wat is musiek en watter invloed het ons definisie daarvan op die musiek wat ons maak op 'n Sondag? Dit is die vraag wat ons huidiglik mee besig is in 'n 6-weke kursus by die Mosaiek Akademie, aangebied deur Johan Heystek. In die twee weke wat ons al hieroor gesels, het dit gou duidelik geword dat die definisies van musiek nogal heelwat verskil van persoon tot persoon om nie eers van een kultuurgroep na die volgende te praat nie. Die week het ons gekyk na video clips uit Southern Gospel optredes, Afrika sangers, die Griekwa psalms en Hillsongs United in die konteks van worship en wat my getref het was hoe opreg elke groep was in hulle belewenis daarvan. Maar ten spyte van die opregtheid van elke styl, het ek ook deeglik besef dat dit vir my baie moeilik sal wees om in een van die style wat vir my minder natuurlik kom, die Here te moet aanbid Sondag na Sondag. En tog is dit die challenge wat ons as worship leiers baiekeer in die gesig staar op 'n Sondag. Veral in kleiner gemeentes is die verskeidenheid van mense wat na 'n diens toe kom nogal uiteenlopend. Watter styl van musiek moet ons dan maak? Wel, ek dink die eerste ding wat jy moet weet is na watter musiek meeste van die mense in die diens graag luister. 'n Vraelys een aand voor die diens met vrae oor watter sekulêre musiek, worship musiek en radiostasies mense luister, kan baie help om meer duidelikheid te kry hieroor. Louis Brittz sê altyd dat 'n worship leier 80% van die tyd 80% van die gemeente gelukkig moet hou in terme van die musiekstyl. Ek dink dit is nogal 'n goeie riglyn om te volg. So, wat nou gemaak as jou musiekstyl nie ooreenstem met die 80% van die gemeente s'n nie? Jy wil rock en jou gemeente wil treffers uit die tagtigs sing. Ek dink daar is wel plek daarvoor om nuwe style aan die gemeente bekend te stel, maar dit kan nooit meer as 20% van die tyd volmaak nie, sodat mense altyd veilig sal voel in die praise en worship. Een idee waarop jy geleenthede kan skep om jouself wel uit te leef en te groei in ander genres, is om bv. een weeksaand 'n maand 'n rock praise en worship aand te hou. Of miskien kan jy 'n band begin saam met ander musikante wat dieselfde smaak as jy het. Om af te sluit: Die belangrikste ding rondom hierdie vraag is om gefokus te bly op worship en jou hart vir die gemeente en nie toe te laat dat die musiekstyl die fokus/ issue word nie. Vra die Here om jou te wys wat Sy hart vir die gemeente is rondom worship en word 'n instrument in Sy hande met jou gawe. |
Nuutste artikels
Meeste gelees
Quotes
Worship is about surrender, holding nothing back and giving all of ourselves to the One who gave His everything for us. These are days to be daring, exuberant and adventurous.Tim Hughes






