Liedjieskryf Tips: Hoe om jou boodskap duidelik te laat uitstaan PDF Print E-mail
Written by Carli Lessing   
Tuesday, 13 April 2010 00:00

As worship liedjieskrywer is die boodskap van my songs vir my baie belangrik, mense onthou soms die worship songs in 'n diens baie langer as wat hulle die preek onthou. Ek dink dus baie oor wat ek wil se met 'n song en hoe ek dit beter kan se terwyl ek skryf en slyp aan 'n song voordat ek dit vir die eerste keer gebruik in 'n diens. Ek het so bietjie gaan sit en dink aan die tegnieke en dinge wat ek geleer het as liedjieskrywer wat my help hiermee. Hier is so paar dinge waaraan ek dink terwyl ek aan 'n song werk.

  • Het ek 'n sterk tema of hoofgedagte in die song? Dit kom gewoonlik voor in die koorgedeelte en is baiekeer ook die naam van die song. Die sterkste gedeelte van die koor is die eerste of laaste lyntjie en daarom sit ek die naam en hoofidee baiekeer daar. Die hoofidee moet 'n sterk "hook" he wat mense kan onthou.
  • Dit is belangrik om te fokus op een idee per song - die versies moet dus die koor/ hoofidee ondersteun of opbou soontoe. Dit help nie ek probeer in een song van Genesis tot Openbaring gaan nie, dan het die song nie enige trefkrag nie.
  • Is my boodskap teologies korrek? Ek vra altyd 'n vriend van my wat 'n dominee is om my lirieke deur te lees as ek wonder.
  • Pas my melodielyn en boodskap bymekaar? As ek wil sing oor vreugde en lof, dan moet my wysie dit ook se.
  • As ek 'n song skryf vir gemeentesang, vra ek ook altyd vir myself of die woorde iets is wat ander mense ook sal kan/ wil se vir die Here.
  • Is my boodskap eerlik? Vir my is dit baie belangrik om iets te se soos wat ek dit regtig sal se in gebed. Dit is baie maklik om dieselfde geykte sinne oor en oor te gebruik, maar dan het die woorde nie naastenby soveel trefkrag nie en ly my boodskap daaronder. Vir my is dit so belangrik dat ek nie eers woorde soos "Hallelujah" maklik gebruik in 'n song nie, omdat ek dit nooit se as ek bid nie.
  • As ek 'n bruggedeelte insit, kyk ek of dit iets ander byvoeg by die song. 'n Bruggedeelte is baiekeer die "Antwoord op" of "As gevolg van" van die song. Bv. in my song "Ek wil sing", skryf ek oor die natuur en hoe dit my inspireer om God te aanbid. Die bruggedeelte is my "As gevolg van..." wat vra "Wie is nog stil?".